101 Spookgrappe

Available formats:

Log in to add

101 Spookgrappe

J
Jaco Jacobs

Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n hele klomp grappe wat sommer net heeltemal verspot is!

Wat is geel en rond en jaag bo-oor ’n rooi lig?

’n Suurlemoen sonder brieke.

Wat is die beste manier om ’n apie te vang?

Klim in ’n boom en maak ’n geluid soos ’n piesang.

Wat kan erdvarke kry wat geen ander dier op aarde kan kry nie? Baba-erdvarkies

Wat is geel en het vier wiele?

’n Piesang. Jammer, ek het gejok oor die wiele.

Klop-klop. Wie's daar?

’n Bazoeka. ’n Bazoeka wie? ’n Bazoeka uit die buitenste ruimte!

Daar is vier lekkerlag-titels in die reeks:

101 Diere-grappe

101 Klop-klop-grappe

101 Lawwe-grappe

101 Pouse-grappe

Publication

2019

Format

Epub

Publisher

Lapa Publishers

Excerpt

EPUB

Collection

101 Grappe

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites