Zoë Davel besluit om nooit weer voor die kansel te staan nie – nie as strooimeisie nie en beslis ook nie as bruid nie, al stuur die hoogs aantreklike Meyer Malan haar hart heeltemal in ’n aweregse wentelbaan. Toe sy boonop uitvind waar haar biologiese pa by Meyer se familie-opset inpas, glo sy sy speel met vuur en verbreek alle bande met hom. Maar dinge is selde wat dit op die oog af lyk, en toe Zoë agter die kap van die byl kom en die familie haar met ope arms en harte verwelkom, weet sy dat sy sowaar weer voor die kansel gaan staan – hierdie keer heel gewillig as Meyer se bruid.
Publication
2015
Pages
115
Format
Paperback
Publisher
Romanza
There are no reviews for this book yet.