Bloedspoor

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Bloedspoor

B
Bets Smith

’n Reeksmoordenaar wat op die kampus begin maai het, lê sy slagoffers mooi uit, plaas ’n pragtige ruikertjie in die vermoorde meisies se hande en laat ’n klipstapel en offervuur op die toneel. Iets herinner onrusbarend aan die rituele wat vermoedelik op die eeue oue terrein van Stonehenge voltrek is. Net so misterieus is die tyd wat die moordenaar kies om toe te slaan; telkens is daar ’n verband met die stand van die son en die maan. Llyn Morgan het pas haar nagraadse studie op die kampus aangepak. En die man wat haar in die biblioteek met ’n onverkrygbare boek help, bly haar gedagtes vul. Maar wie is hy? Buiten sy voornaam, weet sy niks van hom nie. Kan hy die moordenaar wees? Of het een van die dosente wat soveel belangstelling in Stonehenge het iets daarmee te doen? Llyn weet nie meer wie om te vertrou nie. Maar as daar een man is wat sy dolgraag wil vertrou, is dit juis hierdie misterieuse man wat haar pad langs gekom het.

Publication

2014

Pages

236

Format

Paperback

Publisher

Lapa Publishers

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites