Briewe van Mieliepit

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Briewe van Mieliepit

F
Fanie Viljoen

Hallo Liefsteling! Ontmoet vir Mieliepit: ’n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ’n Bietjie lui (sal sy self erken), en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefsteling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Soos alle broers en susters baklei hulle soms lelik, en soos alle kinders vertel hulle soms nie heeltemal die waarheid nie. Gelukkig is Mieliepit altyd daar om hulle te help. Elke storie bevat ’n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ’n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ’n gebed wat die leser kan bid. Party storiebriewe het selfs aktiwiteite vir die lesers om te doen. Hierdie eerste kinderboek uit LUCA se stal is uit die pen van geliefde kinder boekskrywer Fanie Viljoen, en is pragtig geïllustreer deur Megan Bird.

Publication

2021

Pages

72

Format

Paperback

Publisher

Luca

Illustrator

Megan Bird

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites