Jou laekoolhidraat-gids tot permanente gewigsverlies
DIE BANTING-BOEK WAAROP ALMAL GEWAG HET! Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord EN ’n oplossing bied vir permanente gewigsverlies. Die Banting-oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit: verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae; skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde; bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies; verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom; help jou om voedseletikette te verstaan; en wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal dié leefstyl kan volg. Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.
Publication
2016
Pages
320
Format
Paperback
Publisher
Penguin Books (South Africa)
There are no reviews for this book yet.