Die fantastiese mevrou Smit

Available formats:

Log in to add

Die fantastiese mevrou Smit

E
Elizabeth Wasserman

As nuweling op Aronspoort saai mevrou Smit dadelik amok: Kort ná haar aankoms slaap sy in die polisieselle nadat sy oop en bloot ’n sopie hardehout agter die stuur geneem het. Die volgende oggend, toe sy by haar nuwe huis instap, wag daar ’n gruvonds op haar kombuisvloer: ’n Vrou se lyk. Was die moordenaar eintlik op soek na háár? Is daar ’n losprys op haar kop? Mevrou Smit is nie ’n lelie wat jy sonder ’n skêr probeer pluk nie. Sy besluit summier sy gaan die moordenaar vastrek, maak nie saak op hoeveel tone sy trap of hoeveel geraamtes sy uit die dorp se kas laat kletter nie. Maar die moordenaar slaan wéér toe en mevrou Smit raak al hoe ongewilder. Nie eens die dokter met die mooi blou oë spring haar skerp tong vry nie. Want sien, sy is ʼn vrou met ʼn donker verlede. As die polisie te lank krap, kom hulle dalk op háár geraamtes af. En dit mag onder géén omstandighede gebeur nie ...

Publication

2023

Pages

256

Format

Epub

Publisher

Penguin Books (South Africa)

Excerpt

EPUB

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites