Die Leeutemmer se Assistant

Available formats:

Log in to add

Die Leeutemmer se Assistant

S
Solet Scheeres

Niks opwindends gebeur ooit op Kraaipan nie. Veral nie met Martjie wat in ’n eenvoudige huisie op die plaas Rietfontein net buite die dorp bly nie.

Maar toe Bertus Botha vir Martjie uitdaag om op die Mafikeng-trein te klim en te loer wat in een van die kratte is, is dit die begin van ’n reuse-avontuur. Martjie beland pens en pootjies saam met ’n sirkusleeu op een van die trokke.

Sy leer ken die eksentrieke sirkusbase, Mister en Madame Pagel, en die ander artieste van Pagel se beroemde sirkus. Mister Pagel is die sterkste man in die wêreld en druk tydens die vertonings sy kop in ’n leeu se bek. Madame Pagel ry bank toe met ’n leeu langs haar in die motor.

En Martjie-die-bywoner-se-dogter se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Hierdie opwindende verhaal is losweg geskoei op die geskiedenis van die Pagel-sirkus, wat in die vorige eeu alombekend was in Suid-Afrika, en roep ’n vervloë era in die land se geskiedenis in herinnering. ’n Verhaal propvol aksie, avontuur … en die tydlose bekoring van die sirkuslewe.

Publication

2017

Pages

96

Format

Epub

Publisher

Lapa Publishers

Excerpt

EPUB

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites