Die onsienlike wêreld van engele

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Die onsienlike wêreld van engele

Bybelse feite oor engele en die stryd wat agter die skerms woed

J
Jaco Scholtz

Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het.

Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?

Publication

2022

Pages

196

Format

Paperback

Publisher

Luca

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites