Hulle is boesemvriende sedert kindsbeen en toe Erin besluit om ’n baba te kry, val haar keuse vir ’n skenker outomaties op Jay.
In haar oë het hy die perfekte gene en tiek hy al die boksies van wat sy soek in die pa van haar kind. Maar Jay weier volstrek om haar te help. Hy het ’n vaste meisie en Erin is soos ’n suster vir hom. Buitendien dink hy sy is oorhaastig en moet eerder weer oor haar besluit gaan nadink.
’n Oorsese reis skep wantroue en kelder byna hulle vriendskap. Dit dwing hulle albei om selfondersoek te doen. Kan hulle mekaar ten volle vertrou met die waarheid?
Publication
2023
Pages
192
Format
Paperback
Publisher
Romanza
Collection
Romanza Modern
There are no reviews for this book yet.