Die Verhuising

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Die Verhuising

S
Sophia Kapp

Danelle se eerste jaar op universiteit is allesbehalwe die opwindende nuwe begin waarna sy uitgesien het.

Sy is op ’n kampus waar sy nie wou wees nie, op ’n dorp waarvan sy nie hou nie en sy moet ’n huis deel met ’n ma wat stelselmatig al hoe meer beheer oor haar lewe verloor. Haar pa is in ’n nuwe verhouding en niks wat sy dogter oorkom, blyk hom te raak nie. Boonop raak sy verlief op die plaaslike rugbyheld, Wessel Greyling, wat haar eers aan ’n lyntjie hou en dan haar jong hart heeltemal vertrap.

Maar in dieselfde jaar leer sy ook die waarde van susterskap ken, besef sy dat die mense om haar elkeen ’n kruis het om te dra. En sy leer dat almal hulle seer anders verwerk en dat vergifnis dikwels die enigste manier is om heel te raak. Al wat sy nie weet nie, is of sy ná al die foute wat sy gemaak het, dit sal kan regkry om Lambert Volschenk, die SR-voorsitter-van-langsaan, se sterk, opregte liefde terug te wen.

Die Verhuising vorm ’n tweeluik saam met Driehoek wat tien jaar later afspeel en Tessa se storie is.

Publication

2013

Pages

324

Format

Paperback

Publisher

Lapa Publishers

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites