Die meisiekinders van Krugersdam boer kringe om die jong manne van die omgewing. Nie net is hulle bekwame boere nie, maar ook bitter vroulik. En móói! Conrad Vermeulen het skaars sy voete op sy erfplaas gesit, of die pragtige Stella Kruger trap hom uit. Noem hom ’n blerrie stadsjapie … Dié geitjie laat sy hare behoorlik rys. Ondanks die lofsange wat oral oor die Krugers opklink, begin Conrad wonder – Wie steel sy vee? En hoe verklaar hy die veldbrand op sy plaas? Almal weet Stefaans Kruger begeer Rietkuil al jare lank. Is dit dalk sy en sy dogters se manier om Conrad van sy erfplaas te verdryf?
Publication
2014
Pages
113
Format
Epub
Publisher
Romanza
Excerpt
Collection
Romanza Klassieke Romanse
There are no reviews for this book yet.