Gekoopte leuens

Available formats:

Log in to add

Gekoopte leuens

L
Lien Roux-de Jager

Kalli Krynauw, die forensiese psigofisioloog wat lesers in Donker leuens leer ken het, is terug. Die teisterende drome ook, maar hierdie keer droom sy van bloed. Want daar is bloed, te veel daarvan. En lyke. En liefde.

Sy bevind haar in die skilderagtige boslandskap rondom Pelgrimsrus in ’n luukse vakansieoord, aanvanklik net as geselskap vir haar modelsuster, Madelein, wat die nuwe gesig van ’n bekende skoonheidsreeks is. Maar die oggend ná ’n spoggerige funksie by die oord het Madelein soos ’n groot speld verdwyn en Kalli word verdink dat sy iets daarmee te doen gehad het.

Is daar weer dwelms betrokke? En is dit steeds die kartelbaas Bololo se werk? Werk die polisie en die hof saam met die misdadigers of die slagoffers? Dit is wat Kalli met haar leuenverklikker in hierdie vasbytervaring moet vasstel. Maar soms is ’n leuenverklikker nie genoeg nie.

En hoe is Brink, die man wat steeds Kalli se hart in sy hande hou, by hierdie saak betrokke – hy met die staalblou oë, die kierie en die deursettingsvermoë wat vir niks stuit nie?

Publication

2013

Pages

234

Format

Epub

Publisher

Lapa Publishers

Excerpt

EPUB

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites