Gracie is woedend vir Ben. Hy het geen ander ambisie as om ’n kung fu-musical te skryf nie. Só kwaad is Gracie, dat sy sonder Ben Jeffries toe gaan. Skaars is sy by die deur uit, of hulle buurvrou, Tan Lien, oortuig Ben om haar te help om bewyse te vind dat die Nigeriërs aan wie sy ’n woonstel verhuur, dwelms verkoop. Wanneer Ben inwillig, is die gort gaar. Bloed en koeëls spat in die hengse stryd om oorlewing.
Publication
2011
Pages
144
Format
Paperback
Publisher
Lapa Publishers
There are no reviews for this book yet.