Jy’s my kersgeskenk

Available formats:

Log in to add

Jy’s my kersgeskenk

E
Elsa Winckler

Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk geval nooit trou nie, want sy kom uit ’n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nie weer in haar lewe wil hê nie.

Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy’t nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy ’n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy – én hy – die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy vir sy toekomstige vrou stel nie.

Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou. Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees?

Die lug vol Kersmusiek kan ’n man dalk net van plan verander ...

Publication

2023

Pages

192

Format

Epub

Publisher

Romanza

Excerpt

EPUB

Collection

Romanza Modern

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites