Kodenaam Icarus

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Kodenaam Icarus

H
Henk Breytenbach

Vic is een van die manne wat voor 1994 in die skadu’s en agter skerms gewerk het om diegene wat vir die regering “ongewenstes” was te laat “verdwyn”. Dié trauma eis sy tol; Vic se persoonlike lewe stort inmekaar. Daarna is hy nie net ’n siniese, verlate man nie maar ook ’n gevaarlike misdadiger met verskeie moorde op sy kerfstok, party in opdrag, ander onbedoeld. Sy sin vir geregtigheid bring hom nie veel in die sak nie. Een van die mees gewetenlose “hoofde” uit die apartheidsera het so min etiek as die man wat nou “Meneer die President” genoem word en Vic moet vir hom ’n taak uitvoer. Daarna, wel, sal Vic ook eintlik ongewens wees. In die groot raaisel van die Helderberg, ’n Boeing 747 van die SAL wat in 1987 oor die Indiese Oseaan ontplof het, word daar nou nuwe name genoem wat vir die dodelike vrag aan boord verantwoordelik sou wees. Persoonlike motiewe speel ’n veel groter rol as politiek, veral wat geld en onaantasbaarheid betref. Vic het egter min om te verloor – buiten sy dogter wat hy twintig jaar laas gesien het …

Publication

2015

Pages

247

Format

Paperback

Publisher

Lapa Publishers

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites