Kwaai Uil kry ’n Stokperdjie

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Kwaai Uil kry ’n Stokperdjie

K
Kerryn Ponter

Kwaai Uil se lewe is uitstekend – so wonderlik dat hy besluit om by die pragtige voëlgesang aan te sluit wat hy elke dag uit die boom langsaan hoor. Hy gryp ’n kitaar en is vol selfvertroue dat hy die beste musikant nog sal wees. Tot sy groot teleurstelling vlieg die ander voëls weg van die verskriklike geraas wat hy maak. Kwaai Uil wil graag ’n stokperdjie hê en hy probeer rugby speel, kook, brei, skilder en dans. Maar elkeen eindig in mislukking. Na ’n gesprek met Duif besef hy dat om goed te wees, hy moet oefen en oefen. En so keer Kwaai Uil terug na sy kitaar en oefen tot hy goed kan speel. Kwaai Uil kry ’n Stokperdjie sal jong kinders vermaak deur die snaakse situasies waarin die uil hom tydens sy soektog na die perfekte stokperdjie bevind. Soos gewoonlik is Kerryn Ponter se illustrasies genotvol en snaaks. Dit is die vierde titel in haar Kwaai Uil-reeks.

Publication

2019

Format

Paperback

Publisher

Struik Kinders

Collection

Kwaai Uil

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites