Leef in Kontak

F
Francois Carr

Geroep vir God se Doel

Dit is 30 - 33 n.C.; Jesus roep jou naam . . .

“Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (Matteus 4:19)

“Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies.” (Matteus 28:19)

Hoe sal dit voel om aan die voete van Jesus te sit, te luister, te kyk en meer te leer van sy lewe, verhoudings, bediening en koninkryk? Wat sou gebeur as ons Hom sou volg waarheen Hy ons ook al sou lei en ons opdrag sou gee om te gaan?

God het gewone mense – skrynwerkers, vissermanne, diensknegte, sakelui, herders, dokters, ma’s en pa’s – gebruik om sy werk te doen. Gewone mense. Tóg sien God die potensiaal in hulle raak om sy doelwitte te verwesenlik.

In Leef in kontak ondersoek ons noukeurig wat dit beteken om by Jesus te wees en Hom te volg, terwyl ons onderwerpe verken soos

  • Om by Hom te wees                          
  • Om Hom te hoor praat                            
  • Om sy oogmerke te verstaan            
  • Om sy bemagtiging te ontvang
  • Om met vertroue en gehoorsaamheid te reageer
  • Om sy doelwitte te bereik     
  • Om te rus en verfris te word

God roep ons vandag steeds na Hom toe, om Hom te volg na hoër hoogtes van toewyding en aanbidding, gehoorsaamheid, oorgawe en sending.

Dit is tyd om in te skakel by God se roeping en saak.

In elke tydperk en in elke land, hef God diegene met ’n toegewyde geestelike sensitiwiteit op om sy werk te doen. Ek het ’n aanvoeling gehad dat Francois een van God se wagte is vir die tyd waarin ons leef_. –_ Henry Blackaby

Francois onderrig nie net “die verbonde lewe” nie, hy leef dit ook. Richard Blackaby

Leef in kontak is ’n boek met gebiedende spiritualiteit en gehoorsaamheid vir almal wat besig is met God se opdrag_. –_ Tom Phillips

Francois Carr – is ’n katalisator vir In Kontak – die Jesus-manier. Hy is ’n outeur, spreker en mentor. Besoek Francois by connectedlifeministries.com

Publication

2021

Duration

9 h 30 min

Format

Audiobook

Publisher

Digital On Demand

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites