Die reuk van liefde. Alles in Hansie Liebenberg se lewe loop gelyk skeef, maar sy gaan nie dat dit haar onderkry nie, al voel sy haar beskermengel laat haar in die steek. Sy besluit alle mans is nou taboe en sy gaan alleen en manloos haar onafhanklikheid aan haarself bewys. Toe sy per ongeluk die bruidsruiker van katjiepierings op ʼn troue vang, weier sy om waarheid te heg aan die ou bygeloof. Sy gaan ook nie dat ʼn soen, net daarna, van die ongelooflike sexy Luca van Rhyn haar van stryk bring nie. Ongelukkig is dit onmoontlik om Luca te vermy wanneer sy uitvind die woonstel waarin sy gaan bly, is in sy tuin. Hy is gedurig net ʼn hanetreetjie weg met sy sexy lippe, sy aanloklike lyf, sy onweerstaanbare magnetisme.
Publication
2019
Pages
208
Format
Paperback
Publisher
Romanza
There are no reviews for this book yet.