Minki se pajamapartytjie

Available formats:

Log in to add

Minki se pajamapartytjie

Boek 2

J
Jaco Jacobs

Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop!

Gelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …

Publication

2020

Format

Epub

Publisher

Pan Macmillan South Africa Children's Books

Excerpt

EPUB

Illustrator

Tumi K. Steyn

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites