Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde:Verliefdheid (’n rimpelvel hardloop),Wat is liefde? (my hart het in jou verdwaal),Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?),Liefde en pyn (ek volg net my hartseer),Liefde en woede (ek haat en ek het lief) enLiefde wat verder reik (o’s celebrate).Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel:Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louwtot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, NathanTrantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julies en Ryan Pedro. Ronelda S. Kamferlewer die grootste bydrae met ses gedigte.Vertalings stel lesers nie net bekend aan plaaslike talent in isiZulu-,Setswana-, Xam- en San nie, maar bied ook ’n blik op wêreldliteratuur metgedigte van die Fransman Michel Houellebecq, die Kubaan Nicolás Guillén enLucebert (wie se gedig in Nederlands verskyn).
Publication
2022
Pages
112
Format
Epub
Publisher
Lapa Publishers
Excerpt
Illustrator
Megan Bird
There are no reviews for this book yet.