As die enigste oorlewende erfgenaam van kinderlose alleenloper Contessa Gabriella di Bartolli, erf wynmaker Gabriella Armitage die wynplaas en herehuis in Umbrië, Italië. Die herehuis is egter vervalle en die plaas produseer nie meer wyn nie. Gabriella besluit om die eiedom te restoureer, behalwe vir die stuk grond wat haar groottante aan die skatryk en arrogante Conte Eduardo Antoneschi van die buurlandgoed, Montebello, verhuur het. Gabriella is verplig om die kontrak te hernu, al word sy deur die Antoneschi’s as ’n onwelkome inkommer en vreemdeling beskou. Ten spyte van vele probleme wat opduik en die vonke laat spat, bly die aantrekkingskrag tussen Gabriella en Eduardo onmiskenbaar. Gaan twee hardkoppige harte mekaar kan vind?
Publication
2023
Pages
192
Format
Paperback
Publisher
Romanza
Collection
Romanza Reis
There are no reviews for this book yet.