Clayton kom steel Lida se hart in ‘n oogwink. Dit was nie veronderstel om te gebeur nie. Sy wou dit beslis nie hê nie, maar hy het haar lewe binnegeval, gevoelens in haar aangesteek wat sy gedink het vir ewig gesterf het, en ‘n passie aangevuur wat sy nooit geweet het bestaan nie. As die huidige MotoGP-wêreldkampioen, leef Clayton permanent op die dun rand van adrenalien. Of dit nou óp of áf van die baan is, alles wat hy wil hê is binne sy hande: sukses, gewillige vroue, en al die media-aandag wat ‘n sportster van droom. Hy het alles, behalwe vir Lida. Sý is die uitsondering, want vir die eerste keer val ‘n vrou nie voor sy voete nie. Hul chemie is onmiskenbaar. Hul aantrekkingskrag is magneties. Maar vir Lida bly Clayton te veel van ‘n risiko. Al probleem is dat daar iets aan Clayton is waarvan sy nie kan, of wíl, weg loop nie.
Publication
2023
Pages
192
Format
Paperback
Publisher
Romanza
Collection
Romanza Stoom 18+
There are no reviews for this book yet.