’n Ierse knoop

Available formats:

paperback epub
Log in to add

’n Ierse knoop

E
Elsa Winckler

Toe die vier Ierse O’Connor-broers, Sullivan, Declan, Liam en Rooney, besluit om ’n volhoubare ontwikkeling op Fynbosbaai te bou, loop hulle hulle vas in Anke Joubert en haar vriendinne, kampvegters vir die omgewing.

Anke, ’n akademikus, skryf oor die perlemoenstropers in hul area. Miné du Toit, sosialemedia-beïnvloeder, maak geraas oor bedreigde spesies op sosiale media. Eden Fourie probeer deur haar kuns bewustheid skep oor die broosheid van die Kogelberg-biosfeer. En Lika Bester, ’n skrywer en boekwinkeleienaar, ondersoek die verdwyning van ’n skooldogter ’n jaar tevore. Hou dit met die stropery verband? Hoe meer vrae die vriendinne vra, hoe meer dreigemente ontvang hulle.

Met die eerste opgrawings van die O’Connor broers se ontwikkeling, kom hulle op menslike oorblyfsels af. Is dit die vermiste skoolmeisie, of ’n ander slagoffer van vuilspel?

Publication

2026

Format

Paperback

Publisher

Lapa Publishers

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites