Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop ’n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om ’n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar ... Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop?
Publication
2019
Pages
136
Format
Paperback
Publisher
Lapa Publishers
There are no reviews for this book yet.