Afrika is beroemd vir die oorvloed én verskeidenheid van sy natuurlewe. Dis hoekom honderde duisende toeriste elke jaar hierdie vasteland besoek. Dit is in talle opsigte ’n vasteland van rekords.
Natuurtrivia uit Afrika is propvol verstommende rekords, feite en het-jy-geweet-brokkies wat ’n nuwe perspektief gee op ons buitengewone vasteland. Die lyste ‘grootstes’ en ‘kleinstes’, asook die gedetailleerde beskrywing van talle natuurwonders, stel ons bekend aan die magdom feite oor die wêreld om ons. Die lewendige ontwerp en lighartige illustrasies maak die boek toeganklik vir oud én jonk.
Almal, van ernstige trivia-jagters en diegene wat bepaalde feite soek tot navorsers en nuuskierige snuffelaars, sal stof tot nadenke kry in Natuurtrivia uit Afrika.
Publication
2015
Pages
104
Format
Paperback
Publisher
Struik Nature
There are no reviews for this book yet.