Ou liefde roes nie, selfs nie eers op jou oudag nie. Dít ontdek Mara toe Vincent vyftien jaar na hulle egskeiding weer haar buurman word. Die ou vonk is onmiddellik terug, maar so ook al die ou koeie uit die verlede. Vincent het in die vyftien jaar ná hul egskeiding ’n hele harem vroue vir hom bymekaar gemaak met ’n string mislukte verhoudings. Wanneer sy pad weer met Mara kruis, besef hy dat sy nog altyd sy hart in haar hande gehou het en dat hy nie ’n tweede kans op geluk wil verloor nie. Maar vir Mara lyk dit of Vincent weer besig is met sy ou streke. Sy stel glad nie belang in Vincent en sy skielike vlerkslepery nie. Sal hul harte mekaar weer kan vind? Of het Mara haar hart vir ewig teenoor Vincent gesluit?
Publication
2023
Pages
192
Format
Paperback
Publisher
Romanza
Collection
Romanza Reis
There are no reviews for this book yet.