Potlode en pinotage

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Potlode en pinotage

L
Louise van der Merwe

Liefde is soos goeie wyn ... Sonja Fourie word geken as die kwaai onderwyseres en versorgende moederfiguur in haar vriendekring. Nes dit ’n goeie onderwyser betaam, is haar lewe rigied: planne, lysies, tabelle en boksies hou alles mooi op koers en sy maak seker elke woord wat oor haar lippe kom is suiwer Afrikaans. Deesdae begin iets egter krap. Haar veilige nessie en voorspelbare bestaan voel nie meer genoeg nie. Sy het haarself as kind belowe sy sal ʼn stabiele en standvastige lewe skep en dit is wat sy gedoen het, maar nou het sy haar bedenkinge. Wie is Ethan om haar te laat voel sy kan iets meer wees? Ethan Brooks het homself in Suid-Afrika kom vestig om te veg vir die behoud van sy erfenis. Deursettingsvermoë loop sterk deur sy are, maar hy besef ook dat dit alleen nie kan red wat verby bereddering is nie. Dan ontmoet hy vir Sonja, en hierdie kwaai juffroutjie laat hom anders na sy lewe en stryd kyk. Maar gaan hy vir hom ʼn gaatjie kan oopskrop in Sonja se reeds vasgestelde toekomsplanne?

Publication

2021

Pages

208

Format

Paperback

Publisher

Romanza

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites