Professor Fungus en die monsterformule

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Professor Fungus en die monsterformule

J
Jaco Jacobs

Daar’s ’n monster in die laboratorium … Jenny is baie opgewonde. Sy het sowaar die hoofrol in die skoolkonsert gekry! Maar toe sy en Bennie die middag voor die konsert by professor Fungus gaan kuier, drink sy per ongeluk ’n vreemde mengsel … En kort voor lank het dit VREESAANJAENDE gevolge! Jenny se hele lyf word pers en skubberig, haar gesig word harig … en sy kry ’n stert! Sal professor Fungus betyds ’n teenmiddel kry — voor sy haar rol in die konsert kwyt is? Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories! ) verslind Jaco Jacobs se professor Fungus-reeks — en die ongelooflike illustrasies deur Johann Strauss sorg sommer vir dubbel die leespret! Elke storie is propvol fantastiese karakters en wilde, skreeusnaakse avonture. En by Einstein se snor, agterin elke boek is daar boonop ’n eksperiment wat jy tuis kan doen!

Publication

2017

Format

Paperback

Publisher

Lapa Publishers

Collection

Professor Fungus

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites