Rusplek vir die hart

Available formats:

Log in to add

Rusplek vir die hart

M
Marilé Cloete

Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid. Selfs haar beste vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en berou wat sy met haar saamdra nie.

Olivia se pad kruis met dié van Shaun Mouton, ’n professionele, krieketafrigter en hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry vergelyk oor sy rooi hare en hy in ’n oomblik van dwaasheid ’n opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met woorde, maar die hart praat natuurlik ’n taal van sy eie.

Die vrolike Shaun dra swaar aan die verwerping wat hy as kind ervaar het en vind tot sy verbasing troos by Olivia. Die feit dat hulle voorlopig ’n huis moet deel lei tot wrywing, maar stadigaan ook tot dieper begrip. ’n Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na ’n rusplek soek.

Rusplek vir die hart loop in die spore van Tuiskoms van die hart wat in April vanjaar verskyn het.

Publication

2023

Pages

192

Format

Epub

Publisher

Romanza

Excerpt

EPUB

Collection

Romanza Reis

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites