Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend.
Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s van die gesteentes en minerale sowel as van die besondere terrein waarin hulle voorkom, vul die helder teks deurgaans aan en help met uitkenning in die veld.
Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale is ’n nuttige hulpmiddel vir die aspirant-geoloog, weetgierige amateur, of enigeen met ’n ontluikende belangstelling in Suider-Afrika se unieke geologiese erfenis.
Publication
2013
Pages
56
Format
Paperback
Publisher
Struik Nature
Collection
Sasol Eerste Veldgids
There are no reviews for this book yet.