Soene in ’n sandkasteel

Available formats:

Log in to add

Soene in ’n sandkasteel

F
Frenette van Wyk

Sal liefde die sandkasteel van illusies en ontnugtering waarin Daniella haar bevind, wegwaai in die wind? En is vergifnis moontlik? Daniella het haar man verneuk en hy het van haar geskei, maar nou wil hy hul huwelik weer herstel. Sy gaan besoek ’n ou kasteel in Europa. Haar eksman betaal vir die duur wegbreek, sodat sy kan gaan dink en besluit of sy na hom toe terug wil gaan. Sy aanvaar die sprokiesvakansie omdat sy nog altyd ou kastele wou besoek en omdat sy ’n baie romantiese hart het. Sy besluit egter om eerder in ’n winterslaap daar in die sneeuomgewing te gaan, en eers oor Herman se versoek te besluit wanneer sy weer terug in Suid-Afrika is. Maar sy word telkens gekonfronteer deur haar verlede se geraamtes, veral toe sy Remi ontmoet en op hom verlief raak terwyl hulle die kasteel en al dié se geheime ontdek en begin ontrafel. Sy glo sy verdien nie meer liefde nie. Toe klink dit ook of Remi getroud is en sy besef hy is taboe vir haar. Sy hoor later hy is tog ook geskei, en hoewel sy haar wil oorgee aan die liefde wat groter tussen hulle groei, is sy bang om hom te vertel van die rede vir haar egskeiding. Sy vrou het hom immers ook bedrieg met ’n ander man. Hy sal haar tog nie kan oorsien weens dieselfde oortreding nie.

Publication

2019

Pages

304

Format

Epub

Publisher

Romanza

Excerpt

EPUB

Collection

SuperRomanza

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites