Soene onder die Kersboom

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Soene onder die Kersboom

M
Madelie Human

Serina Bothma kom pas uit ’n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo. Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op. Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om met haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie. Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie…

Publication

2022

Pages

192

Format

Paperback

Publisher

Romanza

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites