Gaan haar verlede haar inhaal?
Met haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug Tala
Robberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewe gesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op ’n stranddorpie,
Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op die dorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl ’n regte wildewragtig-strandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haar hart bokspronge laat maak.
Voor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haar emosies is ’n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haar seun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verlede herhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal?
Publication
2021
Pages
208
Format
Paperback
Publisher
Romanza
There are no reviews for this book yet.