Tango met ’n twist

Available formats:

paperback epub
Log in to add

Tango met ’n twist

R
Rina Cilliers

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy ’n pas de deux saam met ’n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met ’n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uiteindelik in ’n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy ’n tydelike pos as au pair in Spanje by ’n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in ’n uiters aantreklike man met ’n verlede wat by hom spook, sy niggie wat aan ’n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef.

Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoë en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg. In ’n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

Publication

2023

Pages

192

Format

Paperback

Publisher

Romanza

Collection

Romanza Reis

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites