Veilig en vreesloos

Available formats:

Log in to add

Veilig en vreesloos

N
Naomi van Wyk

Dit is maklik om jou kind teen die meeste gevare te beskerm. Jy stuur hulle vir swemlesse, hou hulle hande vas as julle die straat kruis en sit valhelms op as julle fietsry. Maar hoe beskerm jy jou kinders teen seksuele misbruik? Veilig en vreesloos bied aan ouers die basiese beginsels en veiligheidsmaatreels sodat jy, jou kinders van voorskool tot tienerfase teen seksuele misbruik kan beskerm . Die boek fokus nie op die terapie en behandeling van kinders wat reeds seksueel misbruik is nie, maar op die voorkoming daarvan. Die boek sluit onder meer in: Feite en statistieke oor seksuele misbruik. Oorsig oor presies wat seksuele misbruik is en hoe die oortreder lyk. Persoonlike veiligheid op elke ontwikkelingsfase van die kind - van vooskool tot tiener. Internet- en selfoonveiligheid. Raad indien seksuele misbruik wel plaasgevind het. Hulpbronne. Hoe om te verhoed dat jou kind self ’n seksuele oortreder word.

Publication

2010

Pages

128

Format

Epub

Publisher

Lapa Publishers

Excerpt

EPUB

Reviews (0)

There are no reviews for this book yet.

0 reading 0 read 0 want to read 0 dropped 0 favorites